Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 20 Mei 2018
Hier is tans 49 552 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
’n Kaart van Madagaskar. Nosy beteken "eiland" in Malgassies.

Madagaskar (Frans: Madagascar, ; Malgassies: Madagasikara, ), amptelik die Republiek Madagaskar (Frans: République de Madagascar; Malgassies: Repoblikan'i Madagasikara, [republiˈkʲan madaɡasˈkʲarə̥]), is ’n eilandnasie in Afrika sowat 400 km oos van die Mosambiekse kus. Dit is die grootste eilandnasie in die Indiese Oseaan en naas Indonesië die grootste ter wêreld. Teen sowat ’n halfmiljoen vierkante kilometer is die eiland so groot soos Frankryk, sy voormalige koloniseerder. Die hoofstad en grootste stad is Antananarivo, wat in die middel van die land geleë is.

Madagaskar is teenoor Mosambiek geleë, net suidoos van die Comore-eilande en Mayotte, en wes van Mauritius en Réunion. Dit word deur die Mosambiekkanaal van Mosambiek geskei.

Die land bestaan uit Madagaskar, die wêreld se vierde grootste eiland, en talle klein eilandjies. Ná die prehistoriese verbrokkeling van die superkontinent Gondwana het Madagaskar sowat 88 miljoen jaar gelede geskei geraak van die Indiese subkontinent. Dit het tot gevolg gehad dat die eiland se diere en plante in redelike isolasie ontwikkel het – meer as 90% van die natuurlewe word nêrens anders op aarde aangetref nie. Die eiland se uiteenlopende ekostelsels en unieke natuurlewe word bedreig deur die vinnige uitbreiding van die bevolking en ander omgewingsfaktore.

Die eerste argeologiese bewyse van menslike lewe op Madagaskar dateer van 2000 v.C. Austronesiese volke het tussen 350 v.C. en 550 n.C. in vlerkproue van Borneo af gekom. Omstreeks 1000 n.C. het Bantoevolke van Oos-Afrika die Mosambiekkanaal oorgesteek na Madagaskar. Mettertyd het nog volke hulle op die eiland gevestig, wat elk ’n blywende invloed op die Malgassiese kultuurlewe gehad het. Die bevolking word dikwels in 18 of meer subgroepe verdeel waarvan die grootste die Merina van die sentrale hoogland is.

Tot in die laat 18de eeu is die eiland regeer deur ’n gefragmenteerde verskeidenheid sosiopolitieke bondgenootskappe. Aan die begin van die 19de eeu is die grootste deel van die eiland verenig en deur ’n reeks Merina-adellikes regeer as die Koninkryk Madagaskar. Die monargie het in 1897 tot ’n einde gekom toe die eiland in die Franse koloniale ryk opgeneem is. Madagaskar het in 1960 sy onafhanklikheid van Frankryk verkry. Die outonome staat Madagaskar het sedertdien deur vier groot konstitusionele tydperke gegaan wat as republieke bekend staan.

Sedert 1992 is die nasie amptelik as ’n konstitusionele demokrasie vanaf sy hoofstad, Antananarivo, regeer. In 2009 is president Marc Ravalomanana egter in ’n volksopstand gedwing om te bedank en in Maart 2009 het Andry Rajoelina president geword. Die konstitusionele regering is in Januarie 2014 herstel nadat Hery Rajaonarimampianina die vorige jaar in ’n verkiesing as president verkies is. Madagaskar is lid van die Verenigde Nasies, die Afrika-unie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Organisation Internationale de la Francophonie.

Madagaskar is volgens die VN een van die wêreld se mins ontwikkelde lande. Malgassies en Frans is albei amptelike tale. Die grootste deel van die bevolking volg tradisionele gelowe, Christenskap of ’n mengsel van die twee. Ekotoerisme en landbou, wat gepaardgaan met groter beleggings in opvoeding, gesondheid en privaat ondernemings, is sleutelelemente van Madagaskar se ontwikkelingstrategie. Onder Ravalomanana het hierdie beleggings tot aansienlike ekonomiese groei gelei, maar die voordele is nie eweredig onder die bevolking versprei nie en die toenemenede lewenskoste en dalende lewenstandaarde het spanning veroorsaak onder die armes en sekere dele van die middelklas. Sedert 2017 het die ekonomie agteruitgegaan weens die politieke krisis van 2009 tot 2013, en die grootste deel van die bevolking se lewensgehalte bly laag.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Harry en Meghan in 2017

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld.

... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

20 Mei

Dinuzulu

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
'n Naakte vrou in ligposisie, soos opgeneem deur Jean-Christophe Destailleur.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБългарскиНохчийнDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
Беларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenКыргызчаLatviešuMalagasyМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుTagalogТатарча / tatarça

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering